Lyrics
[Verse 1]
Kyk op na die hemel, weg van jouself af
Daar anderkant die horison en weet vir eens in jou lewe dat ek jou lief het
Ja, net soos wat jy is
[Verse 2]
Sien wat voor jou staan, dit wat opreg is
Wat geld nie sal kan koop nie, en besef nou is ek joune en, ja, vir altyd
Sal ek by jou staan
[Chorus]
Want ek, ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Chorus]
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons afvat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Verse 3]
Glo jy in vir ewig, daar waar twee mense jare bymekaar bly?
En vergeet hoe dit eens was
Toe hul nog albei enkellopend was
[Verse 4]
Want ek kan my verbeel, jy met jou kierie en ekke met my bolla
En jy noem my ietsie soos Ma
En ek noem jou Oubaas, ek droom oor daardie dae
[Chorus]
Want ek, ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Chorus]
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons afvat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Verse 5]
Kyk my in my oë en sê my wat jy voel vir my
Dis alles wat jy sal kan kry
Sê net jy sal bly by my
[Chorus]
Want ek, ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Chorus]
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons afvat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Chorus]
Ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
[Chorus]
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons afvat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Written by: Ewald Coleske, Riana Nel