Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
EDEN
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Jay
Composer
Johan Voster
Composer
Sean Else
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Johan Rautenbach
Producer
Lyrics
[Verse 1]
Jy sê jou liefde's nie te koop nie en jou hart lê steeds by my
Maar ek het nie wat hy het nie en by hom sal ek jou kry
Ek onthou jou nog soos gister, maar dis als verbrande as
En ek kyk net hoe jy wegwaai soos jy vir hom sê, "Kom hou my stywer vas"
[Chorus]
54 5de Straat het ek vir jou gestaar deur die ogiesdraad waar jy staan
By 'n ander man
54 5de Straat, het ek so gewens om aan jou te raak, maar daai draad
Sê dis reeds te laat
[Verse 2]
Jy't gesê ek is 'n dromer en ek stap die pad alleen
Maar dit alles sou ek opgee vir 'n druppel somerreën
En dalk dertig jaar van nou af lê jy in sy arms koud
Sou jy 5de straat ooit afstap, aan my deur klop, vir my vra, "Kom saam, my ou"
[Chorus]
54 5de Straat het ek vir jou gestaar deur die ogiesdraad waar jy staan
By 'n ander man
54 5de Straat, het ek so gewens om aan jou te raak, maar daai draad
Sê dis reeds te laat, sê dis reeds te laat
Sê dis reeds te laat, sê dis reeds te laat
[Verse 3]
Jy sê jou liefde's nie te koop nie en jou hart lê steeds by my
[Chorus]
54 5de Straat het ek vir jou gestaar deur die ogiesdraad waar jy staan
By 'n ander man
54 5de Straat, het ek so gewens om aan jou te raak, maar daai draad
Sê dis reeds te laat
Maar daai draad
Sê dis reeds te laat
Written by: Jay, Johan Voster, Sean Else