Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Elandré
Elandré
Vocals
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Keyboards
Abel Knobel
Abel Knobel
Background Vocals
Liezel Pieters
Liezel Pieters
Background Vocals
Sven Blummer
Sven Blummer
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Elandré Schwartz
Elandré Schwartz
Composer
Jonathan Scholtz
Jonathan Scholtz
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Producer

Lyrics

[Verse 1]
Tussen die lakens
Mis ek jou lyf
Kollekteer ek wapens om geeste uit te dryf
Ja, tussen die lakens
Raak ek te skaam
Lees jy vir my woorde, al wat ek sing is jou naam
[Verse 2]
Ek onthou jou op my vensterbank sit
En in een sekonde was my grys hart weer wit
Jy met jou hare
En ek met my trane
Soos jy vir my sê dat jy oor die water gaan
[Verse 3]
Sit my in jou sak
Soek my waar jy gaan
En kyk so nou en dan op na die maan
En weet ek kyk ook en ek onthou
Ja, ek onthou jou
[Verse 4]
Ja, tussen die lakens
Het ons beloof
Al rol al die houe sal ons hou aan ons geloof
Maar op hierdie oomblik
Is jy vêr en bereid
Ek sien 'n kroon en jy gaan agteruit
[Verse 5]
Ek onthou jou op my vensterbank sit
En in een sekonde was my grys hart weer wit
Jy met jou hare
En ek met my trane
Soos jy vir my sê dat jy oor die water gaan
[Verse 6]
Sit my in jou sak
Soek my waar jy gaan
En kyk so nou en dan op na die maan
En weet ek kyk ook en ek onthou
Ja, ek onthou jou
[Verse 7]
Wat as ons kon grootword met die lewe wat ons soek?
Hoekom sit ons al die dromers almal in 'n hoek?
Toe ek jou ontmoet het was ons altwee nog te jonk
Vir werk en stres en stories van ons vriende in die tronk
[Verse 8]
Dalk as ek kon oor begin sou als nou anders wees
Ek sou meer terug bel en die lewe bietjie leef
Arm maar geduldig, ja, my pa was dalk tog reg
Here, jammer as ek moeilik was, maar hoërskool was te erg
[Verse 9]
Sit my in jou sak
Soek my waar jy gaan
Kyk so nou en dan op na die maan
En weet ek kyk ook en ek onthou
Ja, ek onthou jou
Ja, ek onthou jou
Ja, ek onthou jou
Written by: Elandré Schwartz, Jonathan Scholtz
instagramSharePathic_arrow_out