Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Twee
Twee
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Twee
Twee
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Coleske Artists
Coleske Artists
Producer

Lyrics

Ek sal nou alles, alles kan gee
Vir skadu onder die perskeboom, 'n piekniek vir twee
Hoe lyk jou middag en waar wil jy wees?
Vertel van jou oorwinnings, ek ken al die vrees
Ons sal mos altyd weet
Of jy nou onthou of vergeet
Maar iewers sal die antwoord lê
Of so het jy gesê
Ek dink ons moet plaas toe gaan
Al stof in jou hare en sweet op jou wang
Ek sweer ek is lief vir jou en ek reken jy weet
Ek verlang net so bietjie na alles van ons twee
En ons sal mos altyd weet
Of jy nou onthou of vergeet
Maar iewers sal die antwoord lê
Of so het jy gesê
Onthou jy daai oggend met die donderweer
Jy't vasgeklou aan my lyf, ons was toe een
Jou glimlag red lewens, wel, myne beslis
Ek wens ek kon verduidelik hoe baie ek jou mis
En ons sal mos altyd weet
Of jy nou onthou of vergeet
Maar iewers sal die antwoord lê
Of so het jy gesê, gesê
So het jy gesê, gesê
Ek sal nou alles, alles kan gee
Vir skadu onder 'n perskeboom, 'n piekniek vir twee
Written by: Twee
instagramSharePathic_arrow_out