Lyrics

[Verse 1]
Sy't geglo dat poësie was die basis van verdraagsaamheid
Die stilte te duur om te koop
Universiteit te vêr om te loop
[Verse 2]
Die verkenner van my hart het weggekruip in die Weskus se sand
Haar lippe was so sag soos die onverkende smaak van 'n bottel wyn
Ek's 'n fisikus, 'n Einstein en sy was die botaniese tuin
Haar trane was reën en die droogte het in my verdwyn
[Verse 3]
En dis 'n boks geveg, twaalf rondtes soos 'n tydbom se lont wat te kort is
En hoekom almal vir ons hande klap, ons het die spoor van liefde toegetrap
My hart se vlerke afgekap vir haar
En uiteindelik het die ys gesmelt en die prins van liefde word haar held
Dan word die prins van liefde weer haar held
[Verse 4]
'n Boheemse komponis het geglo as hy vlug, vind hy vrede
Want daar's 'n rede om lief vir dit te word
Want vrede maak liefde gesond
[Verse 5]
Dis 'n boks geveg, twaalf rondtes, soos 'n tydbom se lont wat te kort is
En hoekom almal vir ons hande klap, ons het die spoor van liefde toegetrap
My hart se vlerke afgekap vir haar
En uiteindelik het die ys gesmelt en die prins van liefde word haar held
Dan word die prins van liefde weer haar held
Written by: Juan Boucher
instagramSharePathic_arrow_out