Featured In
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Twee
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Twee
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Gee vir my 'n rede waarom ek moet betaal met my lewe
Jy gee vir my 'n soen en jy stap verby ek sal hierdie duiwels wegjaag
Jy staan daar in jou goddelike gewaad en dit maak my kwaad
As ek dink aan alles wat ons agterlos as die maan vir die son moet plek maak
[Verse 2]
En ek weet dat jy deur my sien as ek vir jou sê dat ek jou gaan verniel
Maar tog sal ek staan en ek wil vir jou vra of ek vir jou mag sê
[Chorus]
Ek wil vir jou sing
Ek wil vir jou skree
Ek wil met jou liefde maak en
Dit alles vir jou gee
Ek wil vir jou sing
Ek wil op jou skree
Ek sal jou oorlog gaan veg, ek
Sal bloei vir jou, ek sweer
[Verse 3]
My wang lê teen jou hand jou belofte konstant, gee 'n teken
Die Hemel weet kan jy nog daai oggend onthou ek't gestaan en geklou aan jou wese
Het die einde dalk begin want die tyd raak nou min, jy trap spore
Tog bly ek verlore in elke woord wat in die gange van jou oë weergalm
[Verse 4]
En jy weet dat ek deur jou sien as jy vir my sê dat jy my gaan verniel
En tog sal ek staan en ek wil vir jou vra of ek vir jou mag sê
[Chorus]
Ek wil vir jou sing
Ek wil vir jou skree
Ek wil met jou liefde maak en
Dit alles vir jou gee
Ek wil vir jou sing
Ek wil op jou skree
Ek sal jou oorlog gaan veg, ek
Sal bloei vir jou, ek sweer
[Verse 5]
Oh, oh, oh, oh, ek wil vir jou skree
Oh, oh, oh, oh ek sal bloei vir jou ek sweer
Ek wil vir jou sing
Ek wil vir jou skree
Ek wil met jou liefde maak en
Dit alles vir jou gee
Written by: Twee