Top Songs By TiNo
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
TiNo
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Tinotende Singe
Composer
Judeke Balt
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Tertius Human
Producer
Lyrics
[Verse 1]
Sê daar's nie ʼn einde nie
Dis hier waar dit begin en nie ophou nie
Want ek hoop
Ek hoop jy kan ʼn rukkie bly
[Verse 2]
Wat ek voel vir jou het nie woorde nie
Liefde wat ek nooit geken het nie
En ek hoop
Ek hoop jy sal 'n rukkie bly
[PreChorus]
So kom dat ons, ons tassies pak
En kyk waar die liefde ons vat
Ek glo in ons my skat
[Chorus]
Want jy's die kafeïen hier in my koffie
Die lug in my longe wat ek diep intrek
Dat jy veraltyd net hier by my bly
Jy's die een vir my
So kom laat ons, ons tassies pak
[Verse 3]
So sê daar is nie ʼn einde nie
Dis hier waar dit begin en nooit ophou nie
Want ek weet
Ek weet jy wil 'n rukkie bly
[Verse 4]
Wat ek voel vir jou sal nooit eindig nie
Wat ek sien in jou sal nooit vals wees nie
En ek weet
Ek weet jy sal 'n rukkie bly
[PreChorus]
So kom, dat ons ons tassies pak
En kyk waar die liefde ons vat
Ek glo in ons my skat
[Chorus]
Want jy's die kafeïen hier in my koffie
Die lug in my longe wat ek diep intrek
Dat jy vir altyd net hier by my bly
Jy’s die deel van my wat ek aan vasklou
Die reuk in my klere wat jou naby aan my hou
Jy's die een op wie ek kan vertrou
[PreChorus]
So kom, dat ons ons tassies pak
En kyk waar die liefde ons vat
Ek glo in ons my skat
[Chorus]
Want jy's die kafeïen hier in my koffie
Die lug in my longe wat ek diep intrek
Dat jy vir altyd net hier by my bly
[Verse 5]
Jy’s die een vir my
Net vir my oh-oh-oh, oh-oh
Jy’s die een vir my
So kom laat ons, ons tassies pak
Written by: Judeke Balt, Tinotende Singe