Top Songs By Adam Tas
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Adam Tas
Vocals
Stella
Vocals
Jacobus Petrus Schutte
Electric Guitar
Johan Rautenbach
Acoustic Guitar
Jurgens Vincenzo Henrico
Drums
Christie Schutte
Keyboards
COMPOSITION & LYRICS
Christelle Combrink
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christie Schutte
Producer
Lyrics
Sien die stofpad van my siel
Ek is moeg, ek is droog, ek is klaar
Die dag was lank, die son bly hoog
Net 'n reënwolk kan als laat bedaar
Dan sien ek jou staan
En alles word stil
Die windpomp draai sy lemme flou
Maar die water het lank reeds gestop
Die wind bly teister, hou aan draai
Sy gefluister sit vas in my kop
Dan sien ek jou staan
En alles word stil
Deur die skroei van die son, deur die wind
Jou liefde maak my soos 'n kind
Ek is ryk want jy het my lief
Ek is ryk
Deur die kaalheid van droogte, deur vuur
Dan weet ek nog steeds jy is hier
Ek is ryk want jy het my lief
Ek is ryk
Ek vind my rus hier in jou koelte
Jou stoep, my bestemming van vrede
Jy vat my hand, kyk in my oë
En ek weet als sal uitwerk
Ons vaders sal sorg
Deur die skroei van die son, deur die wind
Jou liefde maak my soos 'n kind
Ek is ryk want jy het my lief
Ek is ryk
Deur die kaalheid van droogte, deur vuur
Dan weet ek nog steeds jy is hier
Ek is ryk want jy het my lief
Ek is ryk
Jou liefde gee my trane
Jou lig verdryf die nag wat weer kommer wil bring
Ek vind my rus hier in jou koelte
Jou stoep, my bestemming van vrede
Jy vat my hand, kyk in my oë
En ek weet als sal uitwerk
Ons vaders sal sorg
Written by: Christelle Combrink