Lyrics

[Verse 1]
Jy het so hard probeer
Als vreemd kan ons weer oorleef
Jy het my oopgeskeur
Strome sonlig op my keel
[Verse 2]
Golwe breek my stem is seer
Heer hoe voel dit as U so sweef?
Hoor my ekʼs op my knieë
Help my leer
[Verse 3]
Ek moet luister as jy praat
Dit is dalk beter raad
As om elke liewe aand
My hart te soek op straat
Jy sê dis beter nou, ek glo nie
Ek het my hart verloor hier
Maar ek sal nie treur nie want jyʼs
Nooit hartseer by die see nie
[Verse 4]
As ek tyd kon leen
Dis een week aan en ons is klaar vervreemd
Dis wat gebeur as jy jou trots opgee en oorkompenseer
Ek dog dan tyd sal leer?
Ek was verkeerd
[Verse 5]
Ek moet luister as jy praat
Dit is dalk beter raad
As om elke liewe aand
My hart te soek op straat
Jy sê dis beter nou, ek glo nie
Ek het my hart verloor hier
Maar ek sal nie treur nie want jyʼs
Nooit hartseer by die see nie
Written by: Cornelis Janse Uys van Dyk, Hendrik Wilhelm Warmenhoven, William Henru Ekkerd
instagramSharePathic_arrow_out