Featured In
Top Songs By Die Piesangskille
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Johan Viljoen
Guitar
Daniel Marais
Vocals
Johan Balt
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Daniel Marais
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Johan Viljoen
Producer
Lyrics
[Verse 1]
Om jonk te wees
Dis om wakker te word op ‘n Dinsdagoggend en verbaas te wees oor die aand wat was
Dis die een bier wat verander het in ‘n aand wat jy wens jy kon onthou
En dis die vroegoggend koffie voor ‘n toets waarvoor jy wens jy meer geleer het
Dis die dam-kuiers terwyl die son sy laaste liedjie oor die water sing
En Jack Parrow iewers in die agtergrond tussen stasies sing
Ek het al baie goed verloor en dit nooit ooit weer gevind nie
Ek het al baie vir my ma gesê ek is nie meer ‘n kind nie
Dis die vermoeë om te lag as almal rondom jou wil huil
En te besef die lewe is te kort om jou trane te mors op probleme, wat môre nie eers gaan bestaan nie
Dis net ‘n paar redes wat dit beteken om jonk te wees, vol gees en net in die oomblik te lewe
Dis die dae wat ons ouers ons van vertel het
En ons nagte om gelê en oor droom het
Vandag is al wat ons het, want niemand weet wat môre inhou nie
So probeer geluk vind in die klein goed van jou dag
Bid sag maar aanhoudend, want God luister altyd, al voel dit nie so nie
Wees jonk, wees jouself en weet vandag mag dalk net die dag wees waarvan jy jou kinders eendag van vertel
Wees jonk, wees jouself, wees jy
Written by: Daniel Marais