Credits
PERFORMING ARTISTS
Twee
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Hermanus Lukas Combrinck Kleinhans
Songwriter
Lyrics
Ons almal het ons stories en wonder
In besonder oor die pad wat voor ons lê
Maar somtyds moet ons net weer gaan stilstaan en vrae vra
Sodat ons antwoorde kan hê
Een ding weet ek darem ongetwyfeld nou verseker
En dit is dat my naaste mense vir my als beteken
Soveel beseffings en lesse wat julle my geleer het
Maak dit maklik om van dag-tot-dag te lewe soos, dink vooruit
Ons kerm, die begin nie altyd dadelik nie
Maar dit maak mos nie van ons slegte mense nie
Ons kan tog baklei maar darem kan ons gesels
En ja, ongelukkig gaan dit nou dikwels oor geld
Dis tog iets waaroor ons besin
Oor die dinge in die lewe wat geluk mee bring
Ons almal maak ons foute maar dis mos normaal
Ongelukkig kom ons darm altyd tot 'n verhaal
Hoe dankbaar sit ek nou en dink oor alles wat gebeur het
Daar is regtig sekere goeters wat ek wens ek kon gekeer het
Maar die lewe werk nie so en ten minste het ons stories
Dankie hemelse Vader, ek wil nie een van julle verloor nie
Dankie vir dit alles wat julle al vir my beteken het
As daar een ding is wat ek wil hê dat julle moet weet
Is dat ubuntu is my Bybel, ubuntu is my Bybel, ubuntu is my Bybel
En my familie is my kerk
Poskaarte, ligtorings, seevakansies
Gladys se roosterkoek en mengeldrankies
Laatnagte wees vriende met haar ma
Tuinpartytjies maak soms die bure mal
Een ding weet ek darem ongetwyfeld nou verseker
En dit is dat my naaste mense vir my als beteken
Soveel beseffings en lesse wat julle my geleer het
Maak dit maklik om van dag-tot-dag te lewe soos, dink vooruit
Soms is dit net soos 'n besige rivier
Die lewe het sy dinge maar tog is dit duur
Waar alles net gepraat raak oor ten minste dit wat saak maak
Plek vir planne en drome gemaak raak
Ek droom nog van dae toe ek laat nog gestap het
Ek is bietjies toe my ma my beste vriende verwag het
Die bakker met sy streephemp en hoe baie ons gelag het
En ek's dankbaar vir dit alles wat julle vir ons vermag het
Daar's lesse in die lewe waarvan ek nou al vergeet het
En daar's plekke waar ek was wat ek wens julle kon beleef het
Al die mense en hul dinge en die plekke waar ek al gesing het
Elke oggend saam met friends en die geluk wat dit gebring het
En dan sal ek alles nog vir julle wil vertel
Maar tot dan moet julle weet dat ek weet een ding wel
Ubuntu is my Bybel, ubuntu is my Bybel, ubuntu is my Bybel
En my familie is my kerk
Written by: Hermanus Lukas Combrinck Kleinhans