Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
Songwriter

Lyrics

Jy't 'n patroon in my kop nagelaat toe jy in die reën wou dans
En dit vorm lyne op 'n kaalvoetpad wat jou soos 'n kind sal kom haal
En daar is wonde in jou hart
Want jy't jou skoolskoene verloor in die lyne op die pad
En dalk is daar 'n deel jou
In my longe wat my nou nog aan die lewe hou
En dalk is jy hier in my bloed
Al die lyne op die pad is krapmerke in my boek
Dit is
Dit is
Dit is krapmerke
Dit is krapmerke in my boek
Jy het grootgeword met min aan jou kant en daar is merke op jou hand
Jy moes al hierdie antwoorde raai soos die mense om jou val
En daar is wonde in jou hart
Want jy't jou skoolskoene verloor in die lyne op die pad
En dalk is daar 'n deel van jou
In my longe wat my nou nog aan die lewe hou
En dalk is jy hier in my bloed
Al die lyne op die pad is krapmerke in my boek
Dit is
Dit is
Dit is krapmerke
Dit is krapmerke in my boek
En herken jy nog my stem as hy met jou praat
Na al die haat?
En kon jy ooit jou vrede kry in sy hand?
Aan die ander kant
En dalk is daar 'n deel jou
In my longe wat my nou nog aan die lewe hou
Ek sweer jy is hier in my bloed
Al die lyne op die pad is krapmerke in my boek
Dit is
Dit is
En dit is krapmerke
Dit is krapmerke in my boek
Dit is
Dit is
Dis krapmerke
Dis krapmerke in my boek
Dit is
Written by: Cezaan Sonnekus
instagramSharePathic_arrow_out