Top Songs By John Rock Prophet
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
John Rock Prophet
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Ruan Greeff
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Hier gat ons
[Verse 2]
Wanneer jy dit behartig
Vat my hand
Ek vat jou Silofees plaas toe
Tussen die bosse in, bo-op die sand
[Verse 3]
Wanneer jy dit bemoedig
Pak jou goed
En ek sal jou by die afdraai kry
Ek en jy kan aanhou ry
En die stads lewe groet
[Verse 4]
Is 'n bittere bessie dagbreek
Die wolk het begin oopbreek
En die lug is soet
[Verse 5]
En die platteland roep jou naam, oh
En die platteland roep jou naam
Bring jou hartsake saam
Die stad is gedaan
En die platteland roep jou naam, oh
[Verse 6]
En die platteland roep jou naam
En die platteland roep jou naam
Bring jou hartsake saam
Die stad is gedaan
En die platteland roep jou naam, oh
[Verse 7]
Dis hier waar die ou mense jou groet
Waar die wind kerm as dit waai
Waar die stilte jou stilmaak so dit kan lawaai
Waar menswees medies by die aarde se siel gaan draai, eh
[Verse 8]
Waar die aarde jou stilmaak want dit is groot en jy is klein
Waar die sterre steurloos in die aand se verfdoek skyn
Waar jou klein bestaan in die eindelose ewigheid verdwyn
[Verse 9]
So as jy dit betwyfel
Pak jou tas
Die horison roep ons
Met rede gaan soek ons
Wys môre die mas
[Verse 10]
Dis 'n bittere bessie dagbreek
Jy kan jou troubles in jou sak steek
Kom maak jouself vas
[Verse 11]
En die platteland roep jou naam, oh
En die platteland roep jou naam, oh
Bring jou hartsake saam
Die stad is gedaan
En die platteland roep jou naam, oh
[Verse 12]
En die platteland roep jou naam
En die platteland roep jou naam
Bring jou hartsake saam
Die stad is gedaan
En die platteland roep jou naam, oh
[Verse 13]
Dis bitter in die nag
Dis bitter in die nag
Dis bitter in die nag
Dis bitter in die nag
[Verse 14]
Dis bitter in die nag, oh-oh
Dis bitter in die nag
Dis bitter in die nag
En dis bitter in die nag
[Verse 15]
En dis bitter in die nag
En dan kom die dag
[Verse 16]
Waar jy dit behartig
Vat my hand
En ek vat jou Silofees plaas toe
Tussen die bosse, bo-op die sand
[Verse 17]
En die platteland roep jou naam
En die platteland roep jou naam
Bring jou hartsake saam
Die stad is gedaan
En die platteland roep jou naam, oh
[Verse 18]
En die platteland roep jou naam
En die platteland roep jou naam
Bring jou hartsake saam
Die stad is gedaan
En die platteland roep jou naam
Written by: Ruan Greeff