Top Songs By John Rock Prophet
Credits
PERFORMING ARTISTS
John Rock Prophet
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Ruan Greeff
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Sy staan langs die bar en musiek skree my dood
Met haar duim op my oor skree sy het jy gehoor?
En ek skud my kop nee, nee
[Verse 2]
En die mense stoot, sy mors bier oor my lyf
Sy maak eers skoon dan begin sy te vryf
Sy lag haarself dood
[Verse 3]
En ek weet in jou, is jou pa
Ek ken die liefde wat jy teen beswaar
En die dronk mans wat skree as hulle moet praat
Weet jy verdien meer as wat jy verdra
[Verse 4]
Mmm, Karlien
O, Karlien
O, Karlien
[Verse 5]
As jy in jouself geglo het, wat sou jy verrig?
Sou jy, jouself kon lig uit daai stoel uit en kleur gaan sit op jou gesig
Sou jy ophou so gevloek het en jou lyf wys in die lug?
Sou jy jou lyf wys in die lug?
[Verse 6]
Sou jy boeke gelees het, gaan draf met oorfone op jou kop?
Sou jy wyn uit kristal uit gedrink het in plaas van blik bekers met dop?
Sou jy, jouself in die oe kon kyk, nog 'n vreedsame vraagstuk wees?
'n Vreedsame vraagstuk wees?
[Verse 7]
O, Karlien, ooh
O, Karlien, ooh
O, Karlien
[Verse 8]
As jy in jouself geglo het, wat sou jy verrig?
Sou jy jouself kon lig uit daai stoel uit en kleur gaan sit op jou gesig?
Sou jy ophou so gevloek het en jou lyf wys in die lug?
Sou jy jou lyf wys in die lug?
[Verse 9]
Sou jy boeke gelees het, gaan draf met oorfone op jou kop?
Sou jy wyn uit kristal uit gedrink het in plaas van blik bekers met dop?
Sou jy jouself in die oë kon kyk, nog 'n vreedsame vraagstuk wees?
'n Vreedsame vraagstuk wees?
Written by: Ruan Greeff