Lyrics

Ek voel haar in my bloed rond loop
Op soek na my kamer van liefde
Sy voel tuis in my hart
Terwyl my siel smag na haar
Sy weet sy's die een vir my
Sy's belangrik soos die reën vir my
My dooie grond word geseën vir my
Daar raak sy 'n blom, met die eerste aanraking van die son
By die horison uitkom
Ek voel leeg sonder jou op die langpad
Ek soek jou langs my met my siel praat
Ek soek jou by my kom stil my diep kwaad
Hier binne my al wie dit kan bedaar is jy
Bring jou kalm om my
Sy weet sy's die een vir my
Sy's belangrik soos die reën vir my
My dooie grond word geseën vir my
Daar raak sy 'n blom met die eerste aanraking van die son
By die horison uitkom
Ek wil oud word saam met jou my blom
Ek wil jou hand verder vashou
Terwyl ons saam kreukel met tyd
Die kyk by die ruit
Hoe die wêreld beweeg
Te vinning te vergeefs
Sy weet sy's die een vir my
Sy's belangrik soos die reën vir my
My dooie grond word geseën vir my
Daar raak sy 'n blom met die eerste aanraking van die son
By die horison uitkom
Ek wil oud word saam met jou
Ek wil jou hand verder vashou
Terwyl ons saam kreukel met tyd
Die kyk by die ruit
Hoe die wêreld beweeg
Te vinning te vergeefs
Written by: Christiaan Van Beljon, Ruan Greeff
instagramSharePathic_arrow_out