Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Dozi
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Stef Kruger
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Buitekant lê 'n tarentaal se veer
En ek wonder wat ek hieruit kan leer
Daar is baie myle tussen doen en sê
Want alles wat is, was al gewees
Om agter 'n glashuis se deur te staan
En hoop, niemand sien jou daar
'n Honderd en een besluite geneem
Maar alles bly, ongedaan
[Verse 2]
Ek ruik die soet geur, van muskus, wat hang in die gang
En ek dink aan die pêrels op jou lyf
[Verse 3]
Buitekant lê die sneeu en wag
Om 'n sneeuman te word wat breed glimlag
Ek wil niks meer bewys nie, ek het my versoen
Ek het alle stasies aangedoen
Ek het die lewe se vreemde paaie geloop
'n Goeie begrip is net 'n halwe woord
Aandagtig gesit, ek het die tyd bekyk
Alles gedoen wat gedoen moes word
[Verse 4]
Ek ruik die soet geur, van muskus, wat hang in jou gang
En ek dink aan die pêrels op jou lyf
[Verse 5]
Ek ruik die soet geur, van muskus, wat hang in die gang
En ek dink aan die pêrels op jou lyf
[Verse 6]
Ek ruik die soet geur, van muskus, wat hang in die gang
En ek dink aan die pêrels op jou lyf
[Verse 7]
O, ek ruik die soet geur, van muskus, wat hang in die gang
O, en ek dink aan die pêrels op jou lyf
[Verse 8]
Mm en ek dink aan die pêrels op jou lyf
Mm en ek dink aan die pêrels op jou lyf
Written by: Stef Kruger