Top Songs By Fran Prins
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Fran Prins
Vocals
Austin Hulme
Drums
COMPOSITION & LYRICS
Fran Prins
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Austin Hulme
Producer
Lyrics
[Verse 1]
Daai bitter-blou-bloeisels wat uit jou oë groei
Oseaan-trane wat ek deur sal roei
Vir jou
Ek doen dit als vir jou
[Verse 2]
Laventel-mengsel-woorde wat uit jou mond wals
Roes in my akkoorde en my vingernaels vir jou
Ek skryf dit als vir jou
[PreChorus]
Maar sal jy vir my wag
Tot die oseane weer op droog?
Ja, sal jy vir my wag
Met 'n skatkis by 'n reënboog?
[Chorus]
En as die donderweer deur die hemel skeur
En die vader se trane daal op ons neer
En jy smeek vir genade want jy's klaar met seer
Wag ek vir jou
Tussen hier en nou
[Chorus]
En as die donderweer deur die hemel skeur
En die vader se trane daal op ons neer
En jy smeek vir genade want jy's klaar met seer
Wag ek vir jou
En jou bitter blou
[Verse 3]
As ek klam-palm-padkaart oor my borskas ruis
Jy sê daar waar ons bly, noem ons huis
Vir my
Jy sê dit als vir my
[Verse 4]
Daai rooibos-trane wat op jou wange roes
Jy sê moenie gaan nie maar jy weet ek moes
Vir jou
Ek doen dit als vir jou
[PreChorus]
En sal jy by my bly
Tot die sterre van die maan af skei?
Ja, sal jy my kan kry
Waar die son in die see verdwyn?
[Chorus]
En as die donderweer deur die hemel skeur
En die vader se trane daal op ons neer
En jy smeek vir genade want jy's klaar met seer
Wag ek vir jou
Tussen hier en nou
[Chorus]
En as die donderweer deur die hemel skeur
En die vader se trane daal op ons neer
En jy smeek vir genade want jy's klaar met seer
Wag ek vir jou
En jou bitter blou
[Bridge]
En tussen hier en nou
Roep ek na jou
Tussen hier en nou
Wag ek vir jou
[Chorus]
En as die donderweer deur die hemel skeur
En die vader se trane daal op ons neer
En jy smeek vir genade want jy's klaar met seer
Wag ek vir jou
En jou bitter blou
[Chorus]
En as die donderweer deur die hemel skeur
En die vader se trane daal op ons neer
En jy smeek vir genade want jy's klaar met seer
Wag ek vir jou
Tussen hier en nou
En jou bitter blou
Written by: Fran Prins