Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Songwriter

Lyrics

Johannesburg 'n wêreldstad
Hollywood en Kaapstad
Die jollers bly laat wakker
Veral hier in die goudstad
Maar as jy die die robot stop
Hou bedelhande borde op, geld vir brood en sop
Toe agterdog sy kop uitsteek
Die stad se ritme val
Op soek na melk en heuning
Staan die kinders kaal
Daar's wenners wat wil wegloop
Verloorders sonder taal
Maar jy stap in die straat ou maat
Die mense maak jou mal
Ja, jy stap in die straat ou maat
Jou deure alles toegemaak
Jou planne het nou opgeraak
Jou beker leeggemaak
Ja, jy stap in die straat ou maat
Die spore wat jy agterlaat
Die woorde wat jou mond verlaat
Die praat bly meestal praat
En praat is nou te laat
Die man se oë kaalgestroop
Te koop vra hy na hoop
Waarvan is die hart dan vol?
Dat die mond so leegloop
En woorde wat die wyses deel
Word daar nog 'n kaart gespeel
Lankal een te veel
Bou mure tussen bure
Want die mense is te bang
Vir die skelms in die strate
En die tsoties in die gang
Die stilte is te stemmig
Die grimmigheid te stroef
Hoe lank moet die mense wag
Voor 'n man in 'n pak 'n plan sal maak?
Ja, jy stap in die straat ou maat
Jou deure alles toegemaak
Jou planne het nou opgeraak
Jou beker leeggemaak
Ja, jy stap in die straat ou maat
Die spore wat jy agterlaat
Die woorde wat jou mond verlaat
Die praat bly meestal praat
En praat is nou te laat
Ja, jy stap in die straat ou maat
Jou deure alles toegemaak
Jou planne het nou opgeraak
Jou beker leeggemaak
Ja, jy stap in die straat ou maat
Die spore wat jy agterlaat
Die woorde wat jou mond verlaat
Die praat bly meestal praat
Ja, jy stap in die straat ou maat
Jou deure alles toegemaak
Jou planne het nou opgeraak
Jou beker leeggemaak
Ja, jy stap in die straat ou maat
Die spore wat jy agterlaat
Die woorde wat jou mond verlaat
Die praat bly meestal praat
En praat is nou te laat
Praat is nou te laat
Written by: Theuns Jordaan
instagramSharePathic_arrow_out