Featured In
Top Songs By Theuns Jordaan
Credits
PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Theuns Jordaan
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Anton L'Amour
Associate Producer
Lyrics
Laat my staan in die reën en wag vir 'n laaste slag op jou
Laat my staan in die reën vir jou
Ek sal wag deur die donkeruur en deur die winter van my woorde
En deur die stiltes van die vuur
Ek het gekom om jou te soek, want jy roep na my
En as ek weet waar jy is, sal soldate my nie weghou nie
Met 'n honger hart sal ek voor jou staan
As die kaarte val en wys waar ek jou kry
Met 'n honger hart het ek jou kom haal
Toe die paaie my, al mal, na jou toe lei
Dis net jy
In die bloudruk droom van my
Dit is net jy
In die spieëlbeeld deel van my
In jou oë lê die stil verhaal in 'n taal wat ek verstaan
Maar in die kyk en die weet van jou oë
Ek sal staan deur die stormweer en met die dors hier binne my
En voor ek loop, vat ek jou saam
Ek sal jou soek tot ek jou kry, want jy vra na my
En al krag wat my sal keer is die van die donderweer
Met 'n honger hart sal ek voor jou staan
As die kaarte val en wys waar ek jou kry
Met 'n honger hart het ek jou kom haal
Toe die paaie my, al mal, na jou toe lei
Dis net jy
In die bloudruk droom van my
Dit is net jy
In die spieëlbeeld deel van my
Elke keer deur skares van gesigte kyk ek na jou
Daar's duisend geheime en raaisels na bo
Met 'n honger hart sal ek voor jou staan
As die kaarte val en wys waar ek jou kry
Met 'n honger hart het ek jou kom haal
Toe die paaie my, al mal, na jou toe lei
Dis net jy
In die bloudruk droom van my
Dit is net jy
In die spieëlbeeld deel van my
Dit is net jy
In die spieëlbeeld deel van my
Written by: Theuns Jordaan