Music Video

Steve Hofmeyr ft Demi Lee Moore Amanda
Watch Steve Hofmeyr ft  Demi Lee Moore   Amanda on YouTube

Credits

PERFORMING ARTISTS
Dozi
Dozi
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Byron Kuntz
Byron Kuntz
Composer
Michael Phillips
Michael Phillips
Composer
Henk Opperman
Henk Opperman
Composer
Francina Jacoba Grobler
Francina Jacoba Grobler
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Byron Kuntz
Byron Kuntz
Producer

Lyrics

[Verse 1]
Ek het mooi gevra
Gebedel by die hemel, ek't my Pa gevra
Vir 'n been wat pas in my ribbekas
Om die legkaartstukke in te las
Daar waar die gate was
[Verse 2]
My lyf het gedryf in die dooie see
Jy't die fakkels in die donker vir my aangegee
My losgemaak uit die doringdraad
Toe die engel met haar hande aan die water raak
[Verse 3]
Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
Jy het dit alles kom verander
Deur die breeklyn van die branders
Loop jy na my 'n engel op die water
[Verse 4]
Hy het jou gestuur
Tot in die koue van my eenman-vuur
Gemeet gepas – aan my flenterjas
Jou ingelas met Sy waterpas
Daar waar die gate was
[Verse 5]
Jy't my opgetel langs my slingervel
Toe die reuse in my kop hulle geld kom haal
Jy't my oorvertel in 'n volverhaal
Met die bloed van jou trane hulle terugbetaal
[Verse 6]
Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
Jy het dit alles kom verander
Deur die breeklyn van die branders
Loop jy na my 'n engel op die water
[Verse 7]
Ek't aanhou bloei deur die verbande
Jy het dit alles kom verander
Deur die breeklyn van die branders
Loop jy na my 'n engel op die water
[Verse 8]
Jy't gesê die sand val deur ons hande
Ek en jy
Die hemel het my bedelbrief gekry
[Verse 9]
Ek't mooi gevra
Gebedel by die hemel - ek't my Pa gevra
Vir 'n ribbekas waarin ek sou pas
Om die legkaartstukke in te las
Daar waar die gate was
[Verse 10]
Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
Jy het dit alles kom verander
Deur die breeklyn van die branders
Loop jy na my 'n engel op die water
[Verse 11]
Ek't aanhou bloei deur die verbande
Jy het dit alles kom verander
Deur die breeklyn van die branders
Loop jy na my 'n engel op die water
Written by: Byron Kuntz, Francina Jacoba Grobler, Henk Opperman, Michael Phillips
instagramSharePathic_arrow_out