Top Songs By Theuns Jordaan
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Gert Vlok Nel
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Jy was beautiful in Beaufort Wes
En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op grafte en op treine
Op Ford Fairlane se agter seats gevry
[Verse 2]
En nou is jy en jou man both computer analysts
En laas winter you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my
[Chorus]
Jy kan nie meer slaap
Nie nie meer lag
Nie nie meer iets vir jouself doen nie
En nooit ooit weer vir my soen nie
[Verse 3]
Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy Menthol sigarette rook
En al daai sweet sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet sweet in my arms lê
[Verse 4]
En die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet
In Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel summer cotton dress
[Chorus]
Nie meer slaap
Nie nie meer lag
Nie nie meer iets vir jouself doen nie
En nooit ooit weer vir my soen nie
[Verse 5]
En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot
Maar jy het een aand skielik vir my weggestoot
En in die rear view mirror jou gesig gekyk
En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk
[Verse 6]
En daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf
En soos 'n roei boot al in die rivier af dryf
[Chorus]
Ek kon nie meer slaap
Nie nie meer lag
Nie nie meer iets vir myself doen nie
En nooit ooit weer vir jou soen nie
[Verse 7]
Die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry
Tot anderkant die ding dong gong van die breakfast waiter in die gang verby
[Verse 8]
Dit was my wake up call my lief
Jy het gesê wees asseblief lief vir my
Maar ek’t gedroom ons het in Beaufort Wes gaan woon
[Chorus]
En ek kon nie meer slaap
Nie nie meer lag
Nie nie meer iets ooit reg doen nie
En nooit ooit weer vir jou soen nie
[Chorus]
Ek kon nie meer slaap
Nie nie meer lag
Nie nie meer iets vir mekaar doen nie
En nooit ooit weer vir jou soen nie
Written by: Gert Vlok Nel