Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
As die vlaktes om jou stil raak
Jou hart begin te pyn
Sal jy saam met my wegloop?
Saam met my verdwyn?
Sal jy omdraai in die na-na-nag?
In stilte vir die dag wag?
Wonder in my oë kry?
Wegbly as jy seerkry?
[Verse 2]
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toemaak?
Wie sal troos?
As jou trane opraak
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toedraai?
Wie sal jou bêre?
As jy wil gaan slaap
[Verse 3]
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stad ek die pad
Vir jou spaar ek my hart
[Verse 4]
As die stad jou binne koud maak
Die krag in jou wil opraak
As die vlae van verlange
Vuurig deur jou waai
Sal jy wens ek sien jou een dag
Saam wees op 'n reëndag
'n Sonder ophou Sondag
'n Vier en twintig uurdag
[Verse 5]
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toemaak?
Wie sal troos?
As jou trane opraak
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toedraai?
Wie sal jou bêre?
As jy wil gaan slaap
[Verse 6]
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou spaar ek my hart
[Verse 7]
En as jy val
Sal ek jou kom optel
As jy verdwaal
Sal ek jou kom haal
As jy jou pad sou verloor
Sal ek jou opspoor
Ek sal jou dra
[Verse 8]
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toemaak?
Wie sal troos?
As jou trane opraak
Wie sal jou vashou?
Wie sal jou toedraai?
Wie sal jou bêre?
As jy wil gaan slaap
[Verse 9]
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou spaar ek my hart
[Verse 10]
Hoorder van my roepstem
Roeper van my hart
Vir jou stap ek die pad
Vir jou spaar ek my hart
Written by: Theuns Jordaan
instagramSharePathic_arrow_out