Top Songs By Gerhard Steyn
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Richard Van Der Westhuizen
Vocals
Gerhard Steyn
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Richard Van Der Westhuizen
Songwriter
Lyrics
Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook
Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis sy eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol
Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies
Net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Nou vra ek waar het alles begin
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook, die yster?
Die lig wat in die verte blink
Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja, daar was voorheen 'n tyd van treine
Waar en wanneer het ons dit verloor?
Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies
Net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Elke keer was dit 'n afskeid
Elke keer weer 'n begin
'n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim
Miskien het ek verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan (Ooh)
Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
As spieëls verbrokkel voor die maan (Aaah)
Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies
Net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Written by: Richard Van Der Westhuizen