Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Lead Vocals
Juanita du Plessis
Juanita du Plessis
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel
Songwriter

Lyrics

Jy was beautiful in Beaufort-Wes en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
En ek en jy het op grafte en op treine en op Ford Fairlane se agterseats gevry
En nou is jy en jou man both computer analysts
En laas winter, you tried to cut both of your wrists
En nou skryf jy vir my
Jy kan nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie
Nee, nooit, ooit weer vir my soen nie
Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook
Terwyl jy Menthol sigarette rook
En al daai sweet, sweet dinge vir my sê
Terwyl jy sweet, sweet in my arms lê
Die presiese woorde het ek presies vergeet
Ek onthou net die rook en die sweet
In Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder 'n koel summer cotton dress
Nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie
Nee, nooit, ooit weer vir my soen nie
Ja, dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot
Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
En in die rearview mirror jou gesig gekyk
En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk
Daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek't gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf
En soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf
Ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie
Nee, nooit, ooit weer vir jou soen nie
Jou laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry
Tot anderkant die ding-dong gong van die breakfast waiter in die gang verby
Dit was my wake-up call my lief, jy het gesê, "Wees asseblief lief vir my"
Maar ek't gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
Ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets ooit reg doen nie
Nee, nooit, ooit weer vir jou soen nie
Ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie
Nee, nooit, ooit weer vir jou soen nie
Written by: Gert Vlok Nel
instagramSharePathic_arrow_out