Upcoming Concerts for Juan Boucher
Top Songs By Juan Boucher
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Juan Boucher
Vocals
Neil Somers
Vocals
Denny Lalouette
Bass
Vinnie Henrico
Drums
Rudi Kleingeld
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Juan Boucher
Songwriter
Rehnear Kleinhans
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Tertius Human
Producer
Lyrics
[Verse 1]
As kameelhoutvlamme dans met jou gedagtes in die aand weet jy waar jy is
Is jy in die bosveld
[Verse 2]
As die buskruit reuk jou vang soos die mis in die oggend hang, as jy weet die waarheid is
Dit is die bosveld
[Verse 3]
My broer, my vriend, my kameraad
Dis bos, dis bloed, die skote praat die waarheid
Die son sal sak en als verdwyn
Die maan sal deur die bome skyn vanaand
Op jou en my
[Verse 4]
In die bosveld
Waar die vuur die vlamme in my siel kom blus
Die bosveld
Waar die reuk van die veld in my hart kom rus
Die bosveld
My hart se huis, die bosveld
[Verse 5]
In die bosveld
Wil ek hoor hoe die grond met my vellies praat
Die bosveld
Want dis hier waar jy leer om 'n mens te raak
Die bosveld
Steek die vuur in my hart weer aan, ek verlang die bosveld
[Verse 6]
My hart klop disselboom
Wat konstant van koelte droom
En ek hoop jy rus in die bos waar vrede is
[Verse 7]
Soos die takke in die verte kraak
En jou hart se golwe duine maak
In my koue koors is ek woordeloos
[Verse 8]
My broer, my vriend, jy's 'n generaal
Die verlange na die vlamme het ons ingehaal
In herinnering van die wat voor ons was
[Verse 9]
Die son sal sak en als verdwyn
Die maan sal deur die bome skyn vanaand
Op jou en my
[Verse 10]
In die bosveld
Waar die vuur die vlamme in my siel kom blus
Die bosveld
Waar die reuk van die veld in my hart kom rus
Die bosveld
My hart se huis, die bosveld
[Verse 11]
In die bosveld
Wil ek hoor hoe die grond met my vellies praat
Die bosveld
Want dis hier waar jy leer om 'n mens te raak
Die bosveld
Steek die vuur in my hart weer aan, ek verlang die bosveld
[Verse 12]
In die bosveld
Waar die vuur die vlamme in my siel kom blus
Die bosveld
Waar die reuk van die veld in my hart kom rus
Die bosveld
My hart se huis, die bosveld
[Verse 13]
In die bosveld
Wil ek hoor hoe die grond met my vellies praat
Die bosveld
Want dis hier waar jy leer om 'n mens te raak
Die bosveld
Steek die vuur in my hart weer aan, ek verlang die bosveld
Written by: Juan Boucher, Rehnear Kleinhans