Top Songs By Theuns Jordaan
Credits
PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Theuns Jordaan
Songwriter
Lyrics
[Verse 1]
Die eerste keer toe ek my kry
Stap jy woordeloos deur my verby
Jou ysblou oë kyk regdeur my
Die eerste keer toe ek jou sien
Weet ek ons is aanmekaar gebind
Tussen lyne sal jy my vind
[Chorus]
Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later-later
Hoor ek weer jou naam
En later-later
Weet ek jy verstaan
[Verse 2]
Met 'n hart van staal het ek jou kom haal
Jare later, voltooi dit ons verhaal
Ons praat mekaar se taal
En elke uur wat ons verspeel
Lê die tyd en wag dat ons dit deel
Die sirkel dat ons dit heel
[Chorus]
Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later-later
Hoor ek weer jou naam
En later-later
Weet ek jy verstaan
[Verse 3]
Sy roep, na my
Die engel wys waar ek haar sal kry
Sy vra na my
In 'n droom waar ek haar kry
Hoor ek my naam in haar gebed
My naam weerklink, in haar gebed
[Verse 4]
In stilte sal ek jou vashou
Sonder ophou
Totdat jy onthou
Hoeveel ek van jou hou
[Chorus]
Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later-later
Hoor ek weer jou naam
En later-later
Weet ek jy verstaan
[Verse 5]
En later-later
Hoor ek weer jou naam
En later-later
Hoor ek weer jou naam
En later
Hoor ek weer jou naam
Written by: Theuns Jordaan