Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Schwabie
Performer
Henru
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Schwabie
Composer
William Henru Ekkerd
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
William Henru Ekkerd
Producer
Lyrics
[Verse 1]
En al die mooiste meisies in Stellenbosch
Kon hom nie red nie, sy't hom alles gekos
[Verse 2]
Hart gebroke toe sy skielik verdwyn
Happy hour specials het gehelp vir die pyn
[Verse 3]
Ja, hy's 'n goeie ou, hy't net 'n slegte verlede
Hy dra nog swaar aan alles op sy gewete
En as hy val moet jy vang, as hy lê moet jy dra
Ja, hy's 'n goeie ou maar sy kort 'n man soos haar pa
[Verse 4]
Kalahari kind het in daai dorpie beland
Ontmoet 'n man en hy dra haar op sy hand
[Verse 5]
Oom Freddie was 'n boer aan die noorde kant
En hy't gese hy gaan haar lief hê soos wat niemand kan
[Verse 6]
Ja, hy's 'n goeie ou, hy lewe uit sy gebede
Sy vrou en kinders gee hom rede om te lewe
As hy val staan hy op, as hy bid sak hy af
Ja, hy's 'n goeie ou, dalk die beste een wat daar was
[Verse 7]
Ja, hy's 'n goeie ou
Ja, hy's 'n goeie ou
Ja, hy's 'n goeie ou
Ja, hy's 'n goeie ou, dalk die beste een wat daar was
[Verse 8]
Vrystaat breker, groot vleis vreter
Mond kort peper, hoop die bokke bring die beker
[Verse 9]
Hy's 'n man van sy woord, maar sy woorde is skaars
Jy sien hom, net by die kroeg en by die kerk se basaar
[Verse 10]
Ja, hy's 'n goeie ou hy sukkel net met die tye
Hy kort 'n girl wat op die plaas kan kom kuier
En as jy val sal hy vang want hy gee waar daar kort
Ja, hy's 'n goeie ou maar hy bly te vêr van die dorp
[Verse 11]
Ek ken 'n ou, dra sy hart op sy mou
Hopeless romantic vanaf ek kan onthou
[Verse 12]
Eerstespan uit gedraf as kaptein
En na skool het dit alles verdwyn
[Verse 13]
Ja, hy's 'n goeie ou, sy ma se gunstelling kind
Hy sukkel om die regte woorde te vind
Hy's snaaks, uiteraard, altyd reg met 'n grappie
Ja, hy's 'n goeie ou maar sy eerste liefde is rugby
[Verse 14]
Daar's 'n goeie ou in elke liewe dorp in die land
Gaan wees 'n goeie ou as jy weet jy kan
Ek weet dis moeilik maar ek stel jou gerus
Ja, jy's 'n goeie ou, dalk die beste een wat daar is
[Verse 15]
Ja, jy's 'n goeie ou
Ja, jy's 'n goeie ou
Ja, jy's 'n goeie ou
Ja, jy's 'n goeie ou, dalk die beste een wat daar is
Written by: Leon Henry Schwabie, William Henru Ekkerd