Music Video

Schwabie - 10 Uur (Official Lyric Video)
Watch Schwabie - 10 Uur  (Official Lyric Video) on YouTube

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Schwabie
Schwabie
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Schwabie
Schwabie
Composer
William Henru Ekkerd
William Henru Ekkerd
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
William Henru Ekkerd
William Henru Ekkerd
Producer

Lyrics

[Verse 1]
Slaan my eendag, verstaan my min
As ek moet vertel hoe klein het alles begin
Die lewe is 'n lied of so word ons vertel
Eerder alleen en stukkend as net sonder jou
Jy vertel my van jou hond en jy glimlag breed
Min het ek gedink, ek sal dit nooit vergeet
Met 'n hart van jou eie soos geen ander nie
Dog ons paaie was gelyk maar toe nou nie
[Chorus]
En ek sal jou nog vertel
Hoe ver ek dit beplan het
Daar's nie een dag verby
Wat ek nie gewonder het hoe gaan dit
En ek kyk nog na daai foto
Teen my simpel kamer muur
Ek voel nog jou arm
Elke aand om tien uur
[Verse 2]
Jou oë kleur verander toe ek terug kom
Kon ek nie maar daai naweek by die huis bly stom
Dit eindig met my woorde, "Ek wil jou nog hê"
Nou kyk ek na jou boodskap, jy wil dankie sê
[Chorus]
En ek sal jou nog vertel
Hoe ver ek dit beplan het
Daar's nie een dag verby
Wat ek nie jou foon wou gebel het
En ek kyk nog na daai foto's
Van ons op Lanzerac se gras
Ek voel nog jou hand
Wat so mooi in myne pas
Ek voel nog jou hand
Wat so mooi in myne pas
Ek voel nog jou hand
Wat so mooi in myne pas
[Chorus]
En ek sal jou nog vertel
Hoe ver ek dit beplan het
Daar's nie een dag verby
Wat ek nie gewonder het hoe gaan dit
En ek kyk nog na daai foto's
Op daai rooi kamera
En as ek my oë toemaak
Dan is ons twee nog daar
En as ek my oë toemaak
Dan is ons twee nog daar
En as ek my oë toemaak
Dan staan jy nogsteeds daar
[Outro]
Sal ek eendag weer vir jou sing
Want daar's niemand op die aarde wie ek so bemin
Written by: Leon Henry Schwab, William Henru Ekkerd
instagramSharePathic_arrow_out