Top Songs By Zaan Sonnekus
Credits
PERFORMING ARTISTS
Zaan Sonnekus
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Zaan Sonnekus
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Tertius Human
Producer
Lyrics
Ekskuus, meneer, sit asseblief aan die musiek
Want oor 'n uur sit ek alweer met dronkverdriet
Want haar stem is in my kop
En my kop praat in 'n ander taal
Soms vergeet ek nog jy kom hier uit my sy
En soms vergeet ek nog, maar dit weet jy van my
Ek het getrap in wyn en liefde
My voete het nogsteeds verdwaal
As ek ooit my koers verloor
Sal jy my weer kom haal?
Want hierdie plek het my kop getoor
En die mense maak my mal
Daar's 'n stukkie van die hemel in die hel hier rondom my
Ek speel kitaar as ek aan jou dink, om jou uit my kop te kry
Ek wens jou als van die beste, maar dis genoeg vir my
So asseblief, meneer, sit harder die musiek, ten minste vir my
Ten minste vir my
Ekskuus, meneer, sit asseblief aan die musiek
Want sy sit vas in elke noot van hierdie lied
En haar stem is in my kop
Maar ek sweer dis in 'n ander taal
As ek ooit my koers verloor
Sal jy my weer kom haal?
Want hierdie plek het my kop getoor
En die mense maak my mal
Daar's 'n stukkie van die hemel in die hel hier rondom my
Ek speel kitaar as ek aan jou dink, om jou uit my kop te kry
Ek wens jou als van die beste, maar dis genoeg vir my
So asseblief, meneer, sit harder die musiek, ten minste vir my
Ten minste vir my
Daar's 'n stukkie van die hemel in die hel hier rondom my
Ek speel kitaar as ek aan jou dink, om jou uit my kop te kry
Ek wens jou als van die beste, maar dis genoeg vir my
So asseblief, meneer, sit harder die musiek, ten minste vir my
Ten minste vir my
Ten minste vir my
Written by: Cezaan Sonnekus