Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
Lead Vocals
Kyle Botha
Kyle Botha
Electric Guitar
Duard Musk
Duard Musk
Bass Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus
Producer
Kyle Botha
Kyle Botha
Producer
Tertius Human
Tertius Human
Mastering Engineer

Lyrics

[Verse 1]
Sou jy 'n rukkie bly?
Al weet ek nie veel van geld of boerdery
Ek wil net songs versprei
[Verse 2]
My lief, kan jy nie sien
Ons albei bloei dieselde nie?
Ons albei weet die tyd is duur
So jy deel my klok met literatuur
[Chorus]
Bly net 'n rukkie
Al bly ons agter
My koördinate en my skade stop by jou
[Verse 3]
Ek wou die wêreld wys
Die leefstyl is 'n bedryf
Raak ons net gouer ouer?
Of raak ek net te jonk grys?
[Verse 4]
My vriend, besef jy nie
Ons almal bloei dieselfde hier?
Ons almal tref dieselfde muur
En ons almal kort selfmedikasie
[Chorus]
Bly net 'n rukkie
Al bly ons agter
My koördinate en my skade stop by jou
Bly net 'n rukkie
Al bly ons agter
Kap af my regter hand, sodat ek jou kan hou
[Verse 5]
Verlies en dalk verraad
As jy teen my veg met 'n plastiek swaard
Sal jy agter bly as dit later raak
Tot ek weerlig raak?
[Bridge]
Verlies en dalk verraad
As jy teen my veg met jou tienerkwaad
Sal jy agter bly as dit later raak?
As dit later raak
As dit later raak?
[Chorus]
Bly net 'n rukkie
Al bly ons agter
My koördinate en my skade stop by jou
Bly net 'n rukkie
Al bly ons agter
Kap af my regter hand, sodat ek jou kan hou
[Outro]
Bly net 'n rukkie
Al bly ons agter
My koördinate stop by jou
Written by: Zaan Sonnekus
instagramSharePathic_arrow_out