Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Wouter van de Venter
Wouter van de Venter
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Wouter van de Venter
Wouter van de Venter
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
Dit voel asof ek jou vir die eerste keer ontmoet het
En voel asof ek jou weer van voor af leer ken
En kan dit wees dat ek jou die eerste keer gesoen het op daardie strand
Met daai rowwe, rowwe see
[Verse 2]
En my gedagtes dwaal hier rond hier in my kop
Van Centurion dae en Johannesburg son
Van weerligstrale en donker wolke
Het jy my kalm gehou deur al daardie storms
[Verse 3]
Oe, as jy lag dan lag ek saam
Oe, ja, die wêreld kan vergaan
Oe, soen my eenkeer in my nek
En ek vergeet van hierdie plek
En dink aan jou met jou blou oë in die son
[Verse 4]
Oe, as jy lag dan lag ek saam
O, ja, die wêreld kan vergaan
Soen my eenkeer in my nek
En ek vergeet van hierdie plek
En dink aan jou met jou blou oë in die son
[Verse 5]
Daar is tye wat ek my kop net laat sak
Want die hemel weet dis moeilik daar buite
Maar hier by jou voel ek veilig
Hier by jou is ek gelukkig
Hier by jou kan die wêreld maar gaan
[Verse 6]
Sonstrale, Weskus, is alles wat my regruk
Met die blou berge op die horison
In die verte lê die stof
Soos warrelwinde hier ontplof
En die hane op die dakke skud hulle kop
[Verse 7]
Want as jy lag dan lag ek saam
Ja, die wêreld kan vergaan
Oe, soen my eenkeer in my nek
En ek vergeet van hierdie plek
En dink aan jou met jou blou oë in die son
[Verse 8]
Oe, as jy lag dan lag ek saam
Oe, ja, die wêreld kan vergaan
Oe, soen my eenkeer in my nek
En ek vergeet van hierdie plek
En dink aan jou met jou blou oë in die son
Written by: Wouter van de Venter
instagramSharePathic_arrow_out