Featured In
Top Songs By Juanita du Plessis
Credits
PERFORMING ARTISTS
Juanita du Plessis
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Juanita du Plessis
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Coleske Artists
Producer
Lyrics
As jy kyk draai ek weg
Maar wanneer jy wegkyk
Staar ek na jou
Want jy's net so perfek
Ek verdwaal in jou
En droom hoe jy my eendag in jou arms hou
Jy kom nader gestap
Ek moet twee keer my oë knip
Want jy kyk na my en jou glimlag verhelder
Jy staan voor my
Voel 'n kol hier op my maag
Toe jy sê: Hello jy, hello jy
Toe staan die wêreld stil
Kan nie praat nie maar ek wil
Ek sien net jou lippe
Dit breek die stilte
Want my hart het ophou klop
Kan nie hoor wat jy wil sê
Ek sien my in jou arms lê
As jy diep in my oë kyk
En die prentjie so mooi lyk
Wens ek die tyd kan stop
Toe staan die wêreld stil
Ek het nooit geglo
In liefde met een kyk
Maar my asem is weg
Dis daar in jou hande
Hoe kry jy dit reg dat ek alles sal verloor om net vir jou te veg
Daar kom 'n dag waar liefde verenig
En ek dink dis nou
Wat tot bo in die hemel
Als oopgevou
Ek skryf dit op my hart
Want dit behoort aan jou, behoort aan jou
Toe staan die wêreld stil
Kan nie praat nie, maar ek wil
Ek sien net jou lippe
Dit breek die stilte
Want my hart het ophou klop
Kan nie hoor wat jy wil sê
Ek sien my in jou arms lê
As jy diep in my oë kyk
En die prentjie so mooi lyk
Wens ek die tyd kan stop
Toe staan die wêreld stil
Kan nie praat nie, maar ek wil
Ek sien net jou lippe
Dit breek die stilte
Want my hart het ophou klop
Kan nie hoor wat jy wil sê
(Wat jy wil sê)
Ek sien my in jou arms lê
(In jou arms lê)
As jy diep in my oë kyk
En die prentjie so mooi lyk
Wens ek die tyd kan stop
Toe staan die wêreld stil
Written by: Juanita du Plessis