Top Songs By Manie Jackson
Similar Songs
Lyrics
Ons stuur mos graag vir ons moeders blomme en bedoel dit baie goed
In kaartjie vertel ons vir haar van ons liefde
So op 'n dag koop ek weer 'n bos rose
En besluit om dit self vir my ma te neem
Terwyl ek dit hanteer voel ek hoe 'n doring my steek
En dit sit toe in my gedagtes aan die rol
Dae weke maande stil alleen die aande
Soos sy daar sit weet ek dat sy bid
En oor haar wange loop daar trane
Voor haar staan 'n ruiker 'n kaartjie is daaraan
Sy lees dit deur en voel die seer
Want daar is dorings wat haar pla
Voor haar staan 'n ruiker 'n kaartjie is daaraan
Sy lees dit deur en voel die seer
Want daar is dorings wat haar pla
Hoeveel dorings gaan met so 'n bos rose gepaart
En skielik besef ek dat ek self skulgid is aan dorings wat seer maak
Ek sien hoe 'n druppel bloed uit my vel pers
En ek voel die pyn van self verwyt
Soveel keer was ek kort af en onbeskof met haar as sy 'n vraag vra
Terwyl ek hastig is en met my eie dinge besig is
Baie maal het ek nagelaat om haar te skakel
En te laat weet of ek veilig is
En nie daaraan gedink dat sy met onrus wag vir my oproep nie
Soms was ek naby haar maar nie die moeite gedoen on te gaan in loer nie
Wanneer laas het haar laat voel dat sy vir my belangrik is
En sommer vir n verrassings kuiertjie is daar ook nie tyd nie
Ek gaan hou vakansie maar nooi haar nooit saam nie
Sy kla nooit maar moet beslus die pyn van verlatenheid voel
So sien jy jouself in my verhaal dan is dit tyd dat jy besef
Want onthou ons stuur hierdie rose met baie liefde
Maar vergeet die prik van die dorings
Dit bring trane in haar oë want dit is die hart wat bloei
Ek het toe 'n ruiker weer geneem op die kaartjie toe geskryf en weet sy sal vertaan
Vergewe my ma hierdie rose het geen dorings aan
Ek het hulle self afgehaal
Hier is weer 'n ruiker en 'n kaartjie is daaraan
Sy lees dit deur en sy glimlag weer
Want daar is geen dorings aan wat meer pla
Uit my hart is hier n ruiker met 'n kaartjie daaraan
Sy lees dit deur en sy glimlag weer
Want daar is geen dorings wat meer pla
(Geen dorings meer vir ma)
(Geen dorings meer vir ma)
(Geen dorings meer vir ma)
Written by: Dennis East, Ina Jackson