Credits
PERFORMING ARTISTS
Laurika Rauch
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Karl Bremer
Composer
Don Clarke
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Laurika Rauch Produksies Edms Bpk
Producer
Lyrics
Kom sit styf hier teen my
Jou kop agteroor
Hoor jy hoe sag val die reën?
Die dag is verby
Nog ‘n week, nog ‘n maand
Waar loop die tyd met ons heen?
Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap?
En sou jy my fliek toe vra
Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy
Ja, dit was die goeie ou dae
My held was Elvis, my Elvis
My “Heartbreak Hotel”
Toe jy nog vir my met
‘n Tiekie kon bel
Kom ons klink ‘n rooi glasie wyn
Op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie
Die kiekies is dof
Die album vol stof
Kyk, hier bak ma haar beskuit
Daar stamp Stephanus vir Mien in die dam
O, hoor jy die wind teen die ruit?
Die kindergesiggies, die sterre se liggies
Laat jou van voor af onthou
Ou vriende is dood
Die kleinspan word groot
Kyk net waar staan ons nou
Draai weer daai “Ramblin’ Rose”-plaat
Van Nat “The King” Cole
En “Your cheatin’ heart”
En “He’ll have to go”
Kom ons ruil vandag se rumoer vir ‘n outydse toer
En gee ons oor aan die nostalgie
Onthou jy die saam besluit
Liefde had geen perke
Saam veg teen die steiltes uit
Hier staan ons nou
Sterker en sterker, oe
Elvis, my Elvis
My “Heartbreak Hotel”
Toe jy nog vir my met
‘n Tiekie kon bel
Ons klink ‘n rooi glasie wyn
Op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie
Oe, Elvis, my Elvis
My “Heartbreak Hotel”
Toe jy nog vir my met
‘n Tiekie kon bel
Ons klink ‘n klein glasie wyn
Op ons skete en pyn
En gee ons oor aan die nostalgie
En gee ons oor aan die nostalgie
Oe, Elvis, my Elvis
My “Heartbreak Hotel”
Toe jy nog vir my met
‘n Tiekie kon bel
Ons klink ‘n klein glasie wyn
Op ons skete en pyn
Written by: Don Clarke, Karl Bremer