Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Stefan Jansen
Stefan Jansen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Stefan Jansen
Stefan Jansen
Songwriter

Lyrics

Met die storms daar buite en die stilte hier
Wat sou jy dink as ek sê, ek dink ek en jy behoort hier?
Sal jy bly
Al is dit net vir my?
En wat moes ek doen toe jy my aanvaar het?
In die donker gevaar het en ek myself sien skyn
Sou jy bly
Al is dit net vir my?
Suikerbos, maak oop jou arms
'n Plek om te rus vanaand
Suikerbos, dis onmoontlik om jou te vergeet
Suikerbos, maak oop jou hande, maak toe jou oë
Miskien is dit tyd om te glo dat die somer weer kom
En dat die duiwel homself net vermom het as koue
Wat kon ek sê toe alles gesê is?
Gee jy vir my rus toe dit alles wat oor is wat ek moes kry
Sal jy bly
Al is dit net vir my?
Suikerbos, maak oop jou arms
'n Plek om te rus vanaand
Suikerbos, dis onmoontlik om jou te vergeet
Suikerbos, maak oop jou hande, maak toe jou oë
Miskien is dit tyd om te glo dat die somer weer kom
En dat die duiwel homself net vermom het as koue
Verlore, in woedende waters, het jy vir my kom haal
En nes ek dink dis als te laat, begin jy ons verhaal
Als ten spyte van my heel beste beplanning
En onder daardie maan het ek geleer om te verstaan
Suikerbos, maak oop jou arms
'n Plek om te rus vanaand
Suikerbos, dis onmoontlik om jou te vergeet
Suikerbos, maak oop jou hande, maak toe jou oë
Miskien is dit tyd om te glo dat die somer weer kom
En dat die duiwel homself net vermom het as koue
Suikerbos, ek wil jou hê
Suikerbos, ek wil jou hê
Wat sal die Here daarvan sê?
Written by: Stefan Jansen
instagramSharePathic_arrow_out