Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Jay
Jay
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Christoph Kotze
Christoph Kotze
Composer
Ewald Coleske
Ewald Coleske
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Robin Kielly
Robin Kielly
Producer

Lyrics

Hier by jou
Het ek alles wat my hart begeer en meer
Meer as net vir nou
En saam met jou
Tot die einde van die wêreld bly ek hier
Bly ek hier by jou
En hoe kan ek jou beskryf?
Jy's 'n digter, sal die regte woorde kry
Dis wat jy doen aan my
Met jou arms om my lyf
Doen dit alles in my om jou te oortuig
Dat daar's net een vir my
Wat ek vir jou voel kan ek nie keer nie
Dis nie elke dag wat dit met my gebeur nie
Jy laat die lewe vir my sin maak
Jy laat elke oomblik voel asof dit saak maak
Dis hoe jy my raak
Wat ek vir jou voel sal nooit verdwyn nie
Wat ook al gebeur kan ons nie skei nie
Want as alles om my stil raak
Is dit jy wat my halwe beker vol maak
Naby jou
Al sou die see se grootste golwe om ons breek
Aan jou bly ek getrou
Ek belowe jou
Al word die wêreld voor ons oë plat gevee
Ek sal my alles vir jou gee
En hoe kan ek jou beskryf?
Jy's 'n digter, sal die regte woorde kry
Dis wat jy doen aan my
Met jou arms om my lyf
Doen dit alles in my om jou te oortuig
Dat daar's net een vir my
Wat ek vir jou voel kan ek nie keer nie
Dis nie elke dag wat dit met my gebeur nie
Jy laat die lewe vir my sin maak
Jy laat elke oomblik voel asof dit saak maak
Dis hoe jy my raak
Wat ek vir jou voel sal nooit verdwyn nie
Wat ook al gebeur kan ons nie skei nie
Want as alles om my stil raak
Is dit jy wat my halwe beker vol maak
En ek weet nie wat jy in my sien nie
Want al wonder jy soms
Bly ek steeds verlief op jou
Sê my hoe verdien ek jou
Want wat ek vir jou voel kan ek nie keer nie
Dis nie elke dag wat dit met my gebeur nie
Jy laat die lewe vir my sin maak
Jy laat elke oomblik voel asof dit saak maak
Dis hoe jy my raak
Ja, jy is al wat vir my sin maak
Dit is jy wat my halwe beker vol maak
Written by: Christoph Kotze, Ewald Coleske
instagramSharePathic_arrow_out