Upcoming Concerts for Arno Jordaan
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Arno Jordaan
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Johan Oberholzer
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Coleske
Producer
Lyrics
Jy’s 'n twaalf op my hart se Richterskaal
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk 'n bietjie hand uit
Daar is 'n briesie in die lug
'n Ligte tinkel in my rug
Dit laat my voel of ek moet vlug, maar ek hardloop net weer terug na jou
Ek is 'n kleine bietjie bang
Voel of 'n storm bo my hang
Maar dit is buite my beheer en daar is niks wat dit kan onderhou
En as die aarde begin skut en skyf
Dan voel ek dinge oral om my lyf
Maar dis daai lekke tiepe seer wat nie wil stop nie al probeer ek hoe
Jy’s 'n twaalf op my hart se Richterskaal
En my hele hart bewe, hy ruk heen en weer wanneer ek jou sien
O, jy's 'n elf wanneer mooi uit tien uit tel
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk 'n bietjie hand uit
Ek het nou baie hard geval
Al die beweging maak my mal
En as ek opstaan elke keer dan val ek maar net weer vir jou
Maar ek begin nou by jou leer
Hoe om myself te balanseer
Maar dis ook lekker om te lê soos ek jou hier langs my het nou
En as die aarde begin skut en skyf
Dan voel ek dinge oral om my lyf
Maar dis daai lekke tiepe seer wat nie wil stop nie al probeer ek hoe
Jy’s 'n twaalf op my hart se Richterskaal
En my hele hart bewe, hy ruk heen en weer wanneer ek jou sien
O, jy's 'n elf wanneer mooi uit tien uit tel
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk 'n bietjie hand uit
As die sirenes begin lui
En my voete onder my uitgly
Weet ek dadelik jy’s naby
Maar dis daai lekke tiepe seer wat nie wil stop nie al probeer ek hoe
Jy’s 'n twaalf op my hart se Richterskaal
En my hele hart bewe, hy ruk heen en weer wanneer ek jou sien
O, jy's 'n elf wanneer mooi uit tien uit tel
En my hele hart bewe met jou in my lewe
So kom ons ruk 'n bietjie hand uit
Written by: Johan Oberholzer