Upcoming Concerts for Die Heuwels Fantasties
Featured In
Top Songs By Die Heuwels Fantasties
Similar Songs
Credits
COMPOSITION & LYRICS
Pierre Greeff
Songwriter
Hunter Kennedy
Songwriter
Frederick den Hartog
Songwriter
Lyrics
Elke dag raak net elke dag
Ek kan deur jou sien, staar na die muur
Maar niks wys nie
Kaalvoetmeisie op die rotse
Drink warm bier langs die koue Kaapse see
Maar niks wys nie
Jy was die een wat gesê het ons is vir ewig
Ek het gedink jy sal my mis as ek weg is
Ek het jou probeer afwas, maar ruik jou nogsteeds aan my klere
Ek ruik jou nogsteeds aan my klere
Ek mis jou as ek moeg is
As ek sleg voel, as ek opstaan
Ek mis jou
Ek mis jou as ek koud kry
As dit warm is, as ek wyn drink
Ek mis jou
Ek mis jou
Net een voet voor die ander een, meer seer as die ander een
Ek dra myself deur al die donderweer
Een voet voor die ander een, net een voet voor die ander een
Ek dra myself deur al die donderweer
Al die donderweer
Ek mis jou as ek wakker word in 'n vreemde plek
Met niks rondom my nie, nie vir myle nie
Ek mis jou as ek in die bad lê met voëltjies wat hartseer net buite die badkamervenster fluit
Ek mis jou as ek op die bank lê en wonder of jy na my Instagram stories kyk
Jy was die een wat gesê het ons is vir ewig
Ek het gedink jy sal my mis as ek weg is
Jou probeer afwas, maar ruik jou nogsteeds aan my klere
Ek ruik jou aan my klere
Ek mis jou as ek moeg is
As ek sleg voel, as ek opstaan
Ek mis jou
Ek mis jou as ek koud kry
As dit warm is, as ek wyn drink
Ek mis jou
Ek mis jou
Ek mis jou as ek moeg is
As ek sleg voel, as ek opstaan
Ek mis jou
As ek toustaan, as ek party, as ek vêr ry
Ek mis jou as ek koud kry
As dit warm is, as ek wyn drink
Ek mis jou
Ek mis jou
Net een voet voor die ander een, meer seer as die ander een
Ek dra myself deur al die donderweer
Een voet voor die ander een, net een voet voor die ander een
Ek dra myself deur al die donderweer
Al die donderweer
Al die donderweer
Written by: Frederick den Hartog, Hunter Kennedy, Pierre Greeff