Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Jack Parow
Jack Parow
Performer
PRODUCTION & ENGINEERING
George Johan de Ridder
George Johan de Ridder
Mixing Engineer

Lyrics

Yoh
Yoh, vanoggend voel ek weer asof iemand heeltyd op my case is
Probeer gisteraand onthou, maar daar's te veel blank spaces
Elke keer as die foon lui dink ek dat dit iets incredibly groot is
Soos maybe gaan iemand my tune dat my hond nou-net dood is
Want hierdie bang babbelas maak my weer fokken angsbevange
Nou sit ek op die bank, scarred for life, met natgeswete hande
Dit voel asof my brein my lyf weer gisteraand verlaat het
Kry krampe soos ek die kak onthou wat ek weer gisteraand gepraat het
Ooh, goeie fok, dis net so fokken ongelooflik diep embarrassing
Gaan ek ooit die einde daarvan hoor as ek my fokken pelle sien?
So, dis die probleem met jonk en dronk en dom wees in die stad
Want ek het gisteraand by die huis gekom en gekak op die mat
Baby, ek's so jammer, ek weet nie wat het ek gefokken dink nie
Nou sweer ek hoog en laag dat ek gaan nooit weer fokken drink nie
Okay, of like definitief nie weer vir die res van die dag nie
Maar ek kan nie promise wat gebeur as die son later sak nie
Want ek's vanoggend weer bang babbelas
Dis omdat ek gisteraand weer way te warm was
Ek's altyd halfpad tussen chilled en angsbevange
Raak wakker, kaalgat, op onbekende banke
Yoh, ek's vanoggend weer bang balbbelas
Dis omdat ek gisteraand weer way te warm was
Ek's altyd halfpad tussen chilled en angsbevange
Raak wakker, kaalgat, op onbekende banke
Ek's like, oh no, iemand was my skoon met fokken Omo
Ek voel of ek plat getackle is deur Jono fokken Lomo
Of maybe meer like Butch James of Bismark du Plessis
Ek wens ek kon 'n babbelas wegvat met 'n fokken Super C
But I'm starting to say my friend, hmm, no such fucking luck
As jy gesuip het soos ek gisteraand voel jy vandag maar lekker kak
But you can't roll with the big dogs as jy wil rondpis soos 'n puppy
En hoe wil jy swem tussen die haaie as jy die size is van 'n guppy?
Nou kruip jy weg onder die komberse en try Snakes On A Plane kyk
Maar dit voel asof daar fokken snakes wil uitklim by jou brein uit
So, mayday, vinnig poppie, gooi 'n tjoppie op die vuur
En gee my 'n hand vol Mybulen pille en 'n yskoue fokken bier
En soos hulle mos sê die wet van Transvaal is kak en betaal
En die taxman het sy fokken rente vandag definitief kom haal
So, nou sit ek maar rustig hier rond en wag dat die fokken son sak
Want die enigste remedie vir die kak is as pappa nog 'n dop slat
Oh, ek's vanoggend weer bang babbelas
Dis omdat ek gisteraand weer way te warm was
Ek's altyd halfpad tussen chilled en angsbevange
Raak wakker, kaalgat, op onbekende banke
Yoh, ek's vanoggend weer bang babbelas
Dis omdat ek gisteraand weer way te warm was
Ek's altyd halfpad tussen chilled en angsbevange
Raak wakker, kaalgat, op onbekende banke
Written by: Georg Johan de Ridder, Jack Parow, Jacobus Johannes Geldenhuys
instagramSharePathic_arrow_out