Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Karlien Van Jaarsveld
Karlien Van Jaarsveld
Vocals
Denny Lalouette
Denny Lalouette
Background Vocals
Murray Lubbe
Murray Lubbe
Background Vocals
Barthlo Visagie
Barthlo Visagie
Bass Guitar
Juan (Floors) Oosthuizen
Juan (Floors) Oosthuizen
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Karlien Van Jaarsveld
Karlien Van Jaarsveld
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Murray Lubbe
Murray Lubbe
Producer

Lyrics

Ek doen als in my vermoë om te bly staan
Als in my vermoë in hierdie pad te kan verstaan
Ek weet daar is 'n rede vir dit als
Maar vir nou is ek ook moeg
Dit is al laat in die aand
My hart en kop baklei nog teen mekaar
Ek voel ek staan alleen, maar jy is nog altyd daar
Jy praat net minder as wat ek wil hê
Maar dis van te veel praat wat gate in ons siele kom lê
Hou die stiltes
Vas teen jou bors as wat jy trane
In jou huis begin mors
Want hierdie mense
Is ook stof en bly gegrond
As jy leeg is word jou hart weer gesond
In stiltes gegrond
Daar is iets wat my nog steeds laat glo in jou
Nie omdat jy jy is nie, maar omdat ek vertrou
'n Deel van God is binne my en jou
Wat maak dat stukkies glas weer êrens in die sterre in pas
Hou die stiltes
Vas teen jou bors as wat jy trane
In jou huis begin mors
Want hierdie mense
Is ook stof en bly gegrond
As jy leeg is word jou hart weer gesond
So skut die stof af
Wat jou kleur laat verdof
Verlaat jou mantel
Se kleure ontplof
Want hierdie mense
Is ook seer en op die grond
As jy leeg is word jou hart weer gesond
As 'n ridder in 'n vas hak in tyd
En jy die skemer net kan sien deur die ruit
En voel hoe laat die twyfel
Van jou hart na jou mond kan verdwyn
Hou die stiltes
Vas teen jou bors as wat jy trane
In jou huis begin mors
Want hierdie mense
Is ook stof en bly gegrond
As jy leeg is word jou hart weer gesond
So skut die stof af
Wat jou kleur laat verdof
Verlaat jou mantel
Se kleure ontplof
Want hierdie mense
Is ook seer en op die grond
As jy leeg is word jou hart weer gesond
In stiltes gegrond
Written by: Karlien Van Jaarsveld
instagramSharePathic_arrow_out