Lyrics

Net vir die liefde het ek alles opgeoffer nog elke keer
Deur die storms en die reën en die donderweer
Ek's bitterlief vir jou, dit was nie maklik nie
Ek bly nog lief vir jou, dit was nie jou skuld nie, dit was nie my skuld nie
En die tyd was koud, hy was gemeen met sy oordeel, want hy maak ons oud
Laat ons vergeet van hoe dit was om verlief te wees
Dit is nie waar nie, wat het van ons geword?
Ons is nogsteeds hier, ek mis die garagepartytjies en die tights
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde
Dit was vir jou, net vir jou wat ek gedoen het vir liefde
Jou mond was stroopsoet heuning vir my
Ek voel my hande op jou lyf, ek kon nie genoeg kry nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde, vir liefde
Dit was 'n groot begin, jy het my heeltemal verras en my kop laat spin
Ek wou by niemand anders wees, toe koop ek 'n ring
Ons was dalk net te jonk maar ek verruil dit nie
Ons was in liefde dronk, ons moet dit net weer vind, want mens verloor dit nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde
Dit was vir jou, net vir jou wat ek gedoen het vir liefde
Jou mond was stroopsoet heuning vir my
Ek voel my hande op jou lyf, ek kon nie genoeg kry nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde, vir liefde
Dit was 1989 en die straat was verlig en jy glimlag pragtig
Ek onthou dit nog soos gister en ek weet dit was reg
Dit was so eg soos die waarheid, want die liefde steek mos nooit iets weg
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde
Dit was vir jou, net vir jou wat ek gedoen het vir liefde
Jou mond was stroopsoet heuning vir my
Voel my hande op jou lyf, ek kon nie genoeg kry nie
Kan jy onthou, nog onthou wat ons gedoen het vir liefde, vir liefde
Written by: Johan Vorster
instagramSharePathic_arrow_out