Lyrics
Ek dink vanaand aan jou
En aan die Wildekus se golwe
Ek dink vanaand aan jou
En aan die eindelose strand
Ek dink aan rots kastele
Watervalle na benede
En beeste paadjies
Sukkel oor die rand
Ek wens dat ek
My liedjie vir jou kon sing
En ek weet dat jy
Die woorde sou verstaan
Ja ek wens dat ek
My liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer
'n Fonkel in jou oë bring
Ek dink vanaand aan jou
En aan die Visrivier vallei
Ek dink vanaand aan jou
En aan sy kronkel, kronkel, kronkel
Ek dink aan stroom versnellings
Aan die koue winter nagte
En kampvuur aande
Op die goud geel sand
En ek wens dat ek
My liedjie vir jou kan sing
En ek weet dat jy
Die woorde sou verstaan
Ja ek wens dat ek
My liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sal weer
'n Fonkel in jou oë bring
Ek dink vanaand aan jou
En aan die blou, blou Kaapse berge
'n Sprokiesland in bleek wit
Op 'n helder sterlig aand
Ek dink aan water poele
Wit proteas teen die hange
Maar somtyds vir 'n oomblik
Net aan jou
En ek wens dat ek
My liedjie vir jou kon sing
En ek weet dat jy
Die woorde sou verstaan
Ja ek wens dat ek
My liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer
'n Fonkel in jou oë bring
Written by: Jannie du Toit