Featured In
Top Songs By Tarryn Lamb
Credits
PERFORMING ARTISTS
Tarryn Lamb
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Johan Oberholzer
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Danny Smoke
Producer
Lyrics
[Chorus]
Vier woorde, jy kry en verloor dit, ek's lief vir jou
Jy't gesê dis vir ewig maar waar is jy nou?
[Verse 1]
Sal eerder blind raak
As om julle saam te sien
Hoe jy haar hande vat in joune
En nie meer aan my dink nie
[Verse 2]
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder blind raak
[Verse 3]
Sal eerder doof word
As wat ek hoor hoe julle sê
Dat jy vir ewig saam wil wees
En niemand anders reg was nie
[Verse 4]
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder doof word
[Chorus]
Vier woorde, jy kry en verloor dit, ek's lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Is so maklik gesê maar ek wonder waar is dit nou? (Vier woorde)
Vier woorde wat jy my belowe, ek's lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Jy't gesê dis vir ewig maar waar is jy nou?
[Verse 5]
Sal eerder stom raak
As wat ek dit vir jou moet sê
Hoe ek nog elke dag bly dink
Dat ons 'n lewe saam kon hê
[Verse 6]
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Sal eerder stom raak
[Verse 7]
Sal eerder lam word
As om weg te loop van jou
As wat ek op staan in die oggend
En moet soek en roep na jou
[Verse 8]
Dis net te veel vir my
Is dit nou heel verby?
Is dit nou heel verby?
[Chorus]
Vier woorde, jy kry en verloor dit, ek's lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Is so maklik gesê maar ek wonder waar is dit nou? (Vier woorde)
Vier woorde wat jy my belowe, ek's lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Jy't gesê dis vir ewig maar waar is jy nou?
[Verse 9]
Waar is jy nou?
Waar is jy nou?
Jy't gesê dis vir ewig maar waar is jy nou?
[Chorus]
Vier woorde, jy kry en verloor dit, ek's lief vir jou
Is so maklik gesê maar ek wonder waar is dit nou?
Ooh vier woorde wat jy my belowe, ek's lief vir jou (Ek's lief vir jou)
Jy't gesê dis vir ewig maar waar is jy nou?
Jy't gesê dis vir ewig maar waar is jy nou?
Written by: Johan Oberholzer