Top Songs By Frieda Van den Heever
Similar Songs
Credits
COMPOSITION & LYRICS
Frieda Van den Heever
Songwriter
Lyrics
Is jy reg vir inklim
Ons gaan opstyg
Ek is doodbang vir vlieg
Ek is banger vir bly
Ek weet ek vat myself saam
Ek kan nie dié keer weghol nie
Is jy gereed vir hierdie vlug
Ek weet nie hoe laat ons gaan land nie
Bon voyage, baby
Maak jou blou oog toe
Dat jy my kan sien
Ek is so jammer
Hulle't met jou baklei
Bon voyage, baby
Ek weet nie wanneer ons gaan kom
En of ons kom of gaan
Maar jy moet net bybly
Bly by my
Sit jou kop op my skouer
Jy moet nou stil lê, kry rus
Want ek gaan later hard raas
Glibberig gebore in die onderwêreld
Dis hoe dit is
God, ek is moeg vir my voete
Slaan dit onder my uit
Dan kan ons vlieg en
Al die turbulensie vermy
Bon voyage, baby
Jy kan die gordel los
Jy gaan dit nie nodig kry nie
Om te val is veilig by my
Bon voyage, baby
Die geveg teen die flatline is al wat my dring
As dinge te gevaarlik raak om te sê,
Sal ons dit sing
Sing,
My ding
Kreun, seun
Bon voyage, baby
Daar's 'n wolk in my hart
Jy gaan papnat reën
Proe die trane op my hakskeen
Written by: Frieda Van den Heever