Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Jan Blohm
Jan Blohm
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Jan Blohm
Jan Blohm
Songwriter
John Masser
John Masser
Songwriter

Lyrics

Nonnie, die lig deur jou kantgordyn
Het die hele aand lank in my drome ingeskyn
Onder in die gang is iets vir jou, onthou
In 'n donker kamer lê 'n man na jou en verlang
En Nonnie weet al lankal
Van die sirkels om die maan
En Nonnie weet al lankal
Waarheen die maan snags gaan
So Nonnie, sê vir my
Kan ek jou kom kry?
Nonnie, ek's jammer ek pla so laat
Daar's iets in hierdie wind wat jou lyf beskryf
Ek skryf hier uit onse straat
'n Plek waar ek net in drome kon verlaat
En Nonnie weet al lankal
Van die sirkels om die maan
En Nonnie weet al lankal
Waarheen die maan snags gaan
So Nonnie, sê vir my
Kan ek jou kom kry?
Nonnie, die lig agter jou kantgordyn
Het die hele lank in my drome ingeskyn
Onder in die straat het die herfs gehang
Nonnie, sê vir my, was dit jou plan?
En Nonnie weet al lankal
Van die sirkels om die maan
En Nonnie weet al lankal
Waarheen die maan snags gaan
Nonnie, sê vir my
Nonnie, sê vir my
Kan ek jou kom kry?
Written by: Jan Blohm, John Masser
instagramSharePathic_arrow_out