Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Juan Boucher
Juan Boucher
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Juan Boucher
Juan Boucher
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
Geloof is net 'n klippie
Twee klippies skuur glad teen mekaar
Soos tyd aangaan
[Verse 2]
Ek het jou my ribbebeen gegee, jy het my hart gevat
Dis waarvoor ek daar is in jou lewe
Om jou emosionele toestand net 'n bietjie beter te maak
[Verse 3]
Ons altwee begin nou met 'n lewe saam
Ons soek ons eie huis, ons die dinge
[Verse 4]
En 'n nuwe lewe het begin
En dis ek en jy saam
Van nou af en vir ewig
Net ek en jy saam
[Verse 5]
Die tyd sal vir ons alles nader bring
As ons hierdie toets van tyd kan deurstaan
[Verse 6]
En ek weet ons gaan dit reg kry want ons doen dit al klaar
Ons moet net mekaar ondersteun
En by mekaar staan no matter what
[Verse 7]
En niks moet in ons pad staan nie
Ons moet saam oud word
Saam alles doen
En saam selfstandig wees vir mekaar
[Verse 8]
Ons is mekaar se siekte, ons is mekaar se blydskap
Ons hou mekaar vas wanneer dit nodig is
Ons bou mekaar op as ons geval het
[Verse 9]
Ons maak mekaar beter en beter soos die tyd aanbeweeg
En jy weet ons liefde vir mekaar is eg en opreg
Ons sal dit maak, ons is vir mekaar
Op hierdie liefdespad geplaas
[Verse 10]
Daar is iets vir ons aan die einde van die tonnel
Ons moet net mekaar se hande nooit los nie
Dan sal ons dit ervaar
Waar ons harte regtig bedaar bymekaar
[Verse 11]
Ons moet meer saam wees teen alle tye sonder mekaar te versmoor
Ons moet werk aan ons verhouding dag in, dag uit
Jy is my drome, my wete, my gees
En saam in my gebede elke liewe sekonde van my lewe
[Verse 12]
Ek sal jou nooit teleurstel nie
Tot die dag van my dood
Jy is vir my geleen op hierdie aarde
En ek sal jou oppas
Met al my krag in my hande
[Verse 13]
Ek weet God se planne is heel groter
As enige iets waaran ons kan dink
Ons moet net nooit mekaar se hande los nie
[Verse 14]
Ons moet mekaar geniet
Ten alle tye en nooit te veel stres oor omstandighede nie
Want omstandighede het altyd 'n uitkykpunt
[Verse 15]
Mens moet die blokkies bou om bo uit te kom
En die wêreld te sien uit die hoogste punt
En daar staan ek en jy saam
Niks kan ons afgooi nie
Want ek en jy het dit gebou
'n Man en sy vrou
[Verse 16]
Dit is 'n boksgeveg
Twaalf rondtes
Written by: Juan Boucher
instagramSharePathic_arrow_out