Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Posduif
Posduif
Performer
Brendan Ross Campbell
Brendan Ross Campbell
Electric Guitar
Nicholas Jordaan
Nicholas Jordaan
Background Vocals
Amiel Paschal Gopal
Amiel Paschal Gopal
Bass Guitar
Raymond Green
Raymond Green
Electric Guitar
James Boland
James Boland
Lead Vocals
Sheldon Sham
Sheldon Sham
Saxophone
Nick McCreadie
Nick McCreadie
Drums
Hugo Ludik
Hugo Ludik
Drum Programming
Tim Lengfeld
Tim Lengfeld
Drum Programming
COMPOSITION & LYRICS
Brendan Ross Campbell
Brendan Ross Campbell
Songwriter
Nicholas Jordaan
Nicholas Jordaan
Songwriter
Richard Anthony Dewing
Richard Anthony Dewing
Songwriter
Nathan Woodman
Nathan Woodman
Songwriter
Amiel Paschal Gopal
Amiel Paschal Gopal
Songwriter
Nicholas McCreadie
Nicholas McCreadie
Songwriter
Marc Brendon
Marc Brendon
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Brendan Ross Campbell
Brendan Ross Campbell
Producer

Lyrics

[Verse 1]
Ek sien jou oë lyk moeg, dis genoeg
Kom skuif bietjie nader
Ons praat oor die weer maar ons ken mekaar al vir jare
Kom ons druis die geraas uit en los al die kleinpraat vir later
[Verse 2]
Ek weet jy sê jy lag maar ek hoor jy lag bietjie sagter
Ek wil jou hart hoor praat dis nie te laat nie, stort jou gedagtes
Jy hou jou skouers hoog maar 'n hartseer skuil daar agter
Ek weet jy is net mens maar jou menswees is so pragtig
[Chorus]
Vertel my wat jou siel mee baklei in die nag
En maak my deel van al jou seer en wat jou drome verwag
Ek wil luister sonder woorde en net deel in jou pyn
Ek wil saam jou briewe brand en al jou woorde laat rym
Jy kan altyd weet, ek's die houer van jou geheim
[Verse 3]
Al moet jy dit skryf, ek hoor elkeen van jou woorde
Daar's 'n duisend melodië wat werk saam met jou akoorde
Wat begin as 'n fluister kan eindig in hemelse kore
[Verse 4]
Jy sê miskien eendag maar daai eendag raak dalk verlore
Ek sit nog hout op die vuur dan brand ons saam al jou sorge
En sit hier saam tot die sonopkoms sê dis môre
Ek weet jy is net mens maar jou mens wees trap diep spore
[Chorus]
Vertel my wat jou siel mee baklei in die nag
En maak my deel van al jou seer en wat jou drome verwag
Ek wil luister sonder woorde en net deel in jou pyn
Ek wil saam jou briewe brand en al jou woorde laat rym
Jy kan altyd weet, ek's die houer van jou geheim
[Chorus]
Vertel my wat jou siel mee baklei in die nag
En maak my deel van al jou seer en wat jou drome verwag
Ek wil luister sonder woorde en net deel in jou pyn
Ek wil saam jou briewe brand en al jou woorde laat rym
Ja, ek wil luister sonder woorde en net deel in jou pyn
Ek wil saam jou briewe brand en al jou woorde laat rym
Jy kan altyd weet, ek's die houer van jou geheim
Written by: Amiel Paschal Gopal, Brendan Ross Campbell, Marc Brendon, Nathan Woodman, Nicholas Jordaan, Nicholas McCreadie, Richard Anthony Dewing
instagramSharePathic_arrow_out