Lyrics

Word wakker, word wakker
Ek sal my longe uitblaas
As jy mooi vra en stilstaan teen die muur
My jasse, my jasse sal ek elkeen ophang
As die bloed kan vervang word met bier
Daai spook, daai spook het my destyds beloof
Dat sy bloed sal kan trek as ek wou
As ek net my wonde kan lek
Sal ek daai sunset vir jou verf
Maar die Karoo is aan't vrek
En ons sukkel
Stuur maar my groete aan die broers
En die susters wat weet hoe
Om die blues te waardeer en die ups en downs te hanteer
Daai grot waarin ek bly het my lankal gesê
Ek moet omsien na die meester daar bo
Maar ek skuil, ek skuil en my skoen is al vuil
Maar ek sweer ek sal staan by wat ek sê
As ek net my wonde kan lek
Sal ek daai sunset vir jou verf
Maar die Karoo is aan't vrek
En ons sukkel
Stuur maar my groete aan die broers
En die susters wat weet hoe
Om die blues te waardeer en die ups en downs te hanteer
Die dinge van die stad, ek het al eenkeer verdwaal
En my broers is steeds vir my kwaad oor waar ek skuil
Waar's jy my lief? Ek dink die mense is siek
Daar is niemand meer wat in angels believe
As ek net my wonde kan lek
Sal ek daai sunset vir jou verf
Maar die Karoo is aan't vrek
En ons sukkel
Stuur maar my groete aan die broers
En die susters wat weet hoe
Om die blues te waardeer en die ups en downs te hanteer
Waar's jy my lief ek dink die mense is siek
Written by: Hermanus Lukas Combrinck Kleinhans
instagramSharePathic_arrow_out