Lyrics

Ek kan nog onthou
Hoe mooi jy lyk as die son wegvou
Ek omdraai en wegstap van jou
Wens ek kon jou weer vashou
Ek kan nog onthou
Die herfsgeel in die hemelblou
Toe jy hier was en die dae so gou gegaan het
Maar nou staan die tyd stil
Vergeet my nou
Vergeet my nou
Of kom terug na my
Vergeet van my nou
Moenie nou maak jy wou hê dit moet hou
Jy wou net breek, dis hoekom jy dit bou
Te lank gevat, maar tog weet ek nou
Jy was day one daar, hoe moet ek cope?
Dae raak lank en my aande te koud
Ek kan nie kyk nie, maar ek sien die fout
Gedagtes van jou raak nooit rêrig oud
Gaan jy bly vir ewig of net vir nou?
Want ek kort iets om aan vas te hou
Ek deel my drome net met die blou
Ek sal nooit vertel van jou
Ek kan nog onthou hoe ek altyd gevoel het
Nou voel dit alles ander, weet nie wat ek gedoen het
Maar nou's jy weg, ek sou veg vir jou
Jy hoor alles wat ek sê, hoop jy weet ek bedoel dit
Kyk hier, ja, een van daai fairytale stories
Ons het alles ook gedoen, dit was baie ironies
Altyd daar vir mekaar, so dit was amper kronies
Ek wil alles vergeet, maar
Ek kan nog onthou
Hoe mooi jy lyk as die son wegvou
Ek omdraai en wegstap van jou
Wens ek kon jou weer vashou
Ek kan nog onthou
Die herfsgeel in die hemelblou
Toe jy hier was en die dae so gou gegaan het
Maar nou staan die tyd stil
Vergeet my nou
Vergeet my nou
Of kom terug na my
Written by: Henru Ekkerd, Jacques Geldenhuys
instagramSharePathic_arrow_out