Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Caroline Grace
Caroline Grace
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Stephan Hugo Botha
Stephan Hugo Botha
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Producer

Lyrics

[Verse 1]
In jou oë vind ek
Vrede, krag en hoop
Iets besonders wat
Geen geld ooit kan koop
[Verse 2]
In jou oë vind ek
Al die dinge wat jy nog moet leer
Sien ek jou geesdrif
Lag, maar ook jou teer
[Chorus]
Deur julle oë
Sien myne weer die lewe
Op 'n splinternuwe manier
En is elke liewe mylpaal
Van julle iets om te vier
Soms blink ons oë ook saam
Want die lewe is nie altyd fair nie
Meermaal loop blydskap se pad deur ons harte en trane
[Verse 3]
In die bruin
Sien ek grappies, terg en lag
In die blou
Sien ek jou planne
Min tyd vir wag
[Verse 4]
Soms is jou oë ook blink
Met vrees en hartseer trane
Die wonder van jou oë
So wyd soos oseane
[Chorus]
Deur julle oë
Sien myne weer die lewe
Op 'n splinternuwe manier
En is elke liewe mylpaal
Van julle iets om te vier
Soms blink ons oë ook saam
Want die lewe is nie altyd fair nie
Meermaal loop blydskap se pad deur ons harte en trane
[Bridge]
Mag ons oë saam
Nog baie dinge ervaar
En mag ons altyd
Mooi kyk na mekaar
En mag my oë jul oplaas sien
Voor hul gaan rus
Oh, mag niks, ja niks
Ooit die geesdrif
In daai ogies blus
[Chorus]
Deur julle oë
Sien myne weer die lewe
Op 'n splinternuwe manier
En is elke liewe mylpaal
Van julle iets om te vier
Soms blink ons oë ook saam
Want die lewe is nie altyd fair nie
Meermaal loop blydskap se pad deur ons harte en trane
Written by: Stephan Hugo Botha
instagramSharePathic_arrow_out